OUDTSHOORN NUUS - 'n Nuwe rekordtyd vir mans is verlede Saterdag tydens die 276ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed aan-geteken toe Tyron-Lee Andries (17) van Langenhoven Gimnasium die 5 km in 'n blitsige tyd van 16 minute en ses sekondes gewen het.
Nog 'n junior, DW Botma, was tweede met sy tyd van 20 minute en 16 sekondes en Kobus Marais derde met 'n tyd van 20 minute 39 sekondes.
Tanica Engelke, was net soos die vorige Saterdag, weer die eerste vrou by die eindpunt met haar tyd van 26 minute.
Die tien voorste drawwers van Saterdag se 73 deelnemers was:
- Tyron-Lee Andries (16:06)
- DW Botma (20:16)
- Kobus Marais (20:39)
- Leon Marais (21:23)
- Edward Rutherford (22:54)
- AJ van Tonder (23: 31)
- Colin Smith (23:54)
- Tony Owen (24:10)
- Cobus Diepraam (24:20)
- Mathys Myburgh (25:34)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'