OUDTSHOORN SPORT NUUS - Francois Maquassa en Carina Burger was Saterdag se mans- en vrouewenners van die 189ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Maquassa se tyd was ‘n blitsige 16 minute 18 sekondes met Booi Salman tweede en Greens Groenewald in die derde plek.
Burger was algeheel agtste terwyl die 10-jarige Reghardt Wolmarans, wie in die 26ste plek klaargemaak het, die eerste junior was.
Die dag het 96 deelnemers gelok met Albertus Kennedy wat die mylpaal bereik het om vir die 100ste keer deel te neem.
Saterdag se voorste hardlopers
- Francois Maquassa (16:18)
- Booi Salman (17:45)
- Greens Groenewald (20:08)
- Yaron Venter (20:10)
- Patrick Peters (23:09)
- Arend Brink (23:45)
- Henry Carstens (24:20)
- Carina Burger (24:29)
- Francois Verwey (25:01)
- Matthys Myburgh (25:06)
- Francois le Roux (25:17)
- Albertus Kennedy (25:55)
- Francois Goosen (26:24)
- Bart Saaiman (27:35)
- Pierre van Rooy (28:07)
- Abraham Hendricks (28:17)
- Fanie Olivier (28:31)
- Shane Claassen (28:43)
- Mary-Ann Douws (28:55)
- Hestia Burger (28:55)
"Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus."