OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn was die afgelope naweek die trekpleister vir een van die grootste motorwedrenne op dié sport se kalender.
Duisende mense van oor Suid-Afrika het na die dorp gereis om die jaarlikse Klein Karoo Ovaalbaankampioenskappe te aanskou. Die wedrenne het op Saterdag 15 Julie plaasgevind. Tot groot vermaak van duisende toeskou-ers het 114 drywers in hul renmotors in elf kategorieë deelgeneem.
Elf klubs se renjaers het van sover as Kaapstad, Port-Elizabeth, Oos-Londen Bloemfontein, Malmesbury en regoor die Suid-Kaap by die Oudtshoorn-ovaalbaan saamgetrek om te kompeteer om 'n Volstruiseier-trofee in die onderskeie kategorieë.
Reeds sedert Woensdag 12 Julie het ondersteuners in hul motors geslaap op die roete na die ovaalbaan, om 'n staanplek te verseker. Die hekke het Saterdagoggend om 06:00 geopen en om 08:00 was al die programme reeds uitverkoop.
Met die wegtrek om 12:00 was die parkeerarea en pawiljoene stampvol.
Die wenners is:
SWD-ontwikkeling
Johan Engelbrecht (George)
Cornel Bosman (George)
Niel Engelbrecht (George)
Heavy Metals
Johan Kuyler (Mosselbaai)
Anton Pretorius (George)
Nadia Jubber (George)
Modified V8
Pieta Victor (Port-Elizabeth)
Allan Booysen (Bloemfontein)
Marius Combrick (Mosselbaai)
Minis
Tertius van Tonder (Paarl)
Junita Khun (Worcester)
Qudo de Wet (Worcester)
Stockrods
Kenzo Barnard (Port-Elizabeth)
Chris Etzebeth (Kaapstad)
Waldo Saayman (Worcester)
1600's
Grant Kirschner (Kaapstad)
Juan van Rensburg (George)
Jaco Aylward (Port-Elizabeth)
2.1 modified
Ricardo Davey (Paarl)
Jody Zimmeren (Oos-Londen)
JP Kotze (Paarl)
Hotrods
Han-Kock Brand (Malmesbury)
Dewald Ranft (Bloemfontein)
Llwellyn Kotze (Worcester)
Pinkrods
Clariska Havenga (Riversdal)
Vickey Meyer (George)
Kayla Jones (Kaapstad)
Midgets 1
Jacques van der Merwe (Kraaifontein)
Gerrie slabber (Bloemfontein)
Anton Lloyd (Kraaifontein)
Midgets 2
Anco Jordaan (Rietkuil)
Tim Parish (Kraaifontein)
Zim Geldenhuys (Bredasdorp).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'