OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Outlaws-netbalklub was die algehele wenner van die netbalvakansietoernooi wat Vrydag by die Bridgton-sportterrein gespeel is.
Volgens een van die organiseerders, Felicity Prins, het twee klubs van Oudtshoorn, Outlaws en Dreamers en twee spanne van Dysselsdorp (Athletico en Iconics) deelgeneem.
Spanne van De Rust sal volgens Prins in die toekoms ook deel wees van die toernooi.
Die Groter Oudtshoorn-netbalklub is ook onlangs in samewerking met die Oudtshoorn-munisipaliteit op die been gebring.
Die bestuur is as volg verkies: Felicity Prins (voorsitter), Esmerelda Hartnick (ondervoorsitter), Weslin Oktober (sekretaris), Zelda September (hulpsekretaresse), Duwayne Moos (skeidsregter sameroeper), Roelien Rabie (afrigter) en Celeste Lukas (tellinghouer sameroeper).
Die mansnetbalspanne Iconics (blou) en Oultaws in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'