HOKKIE NUUS - Op Vrydag 1 September het die Outies hul jaarlikse prestige o. 13-hokkietoernooi by York High se astrohokkieveld aangebied.
Op 'n sonnige lentedag het 36 spanne uit 12 skole, insluitend die Outies se eie o. 13 A, B en C dogters- en seunsspanne deelgeneem.
Die Outies bring drie van die bekers huis toe:
- o. 13 B-dogters wen die Dogters B-afdeling
- o. 13 A-dogters wen die Dogters A-afdeling
- o. 13 A-seuns wen die Seuns A -afdeling
Die skool is baie trots op elke seun en dogter wat hier deelgeneem het en die Outies se naam hoog gehou het.
Die o.13A-seunspan is agter, van links: Biancha de Koker (afrigter), Pieter Jan Pretorius, Joa Victor, Stefan Venter, Konrad Gouws, Ruan Erasmus en Danika Botha (skeidsregter). Middel: Markus Botha, Migael Fick, JP Immelman, Wian Bezuidenhout en Ross Smorfitt. Voor: Blake Moore en Ross Taljaard.
Die o. 13A-dogterspan is agter, van links: Liyah Theron, Jinique Frans, Anoyolo Xhengeshe, Janine Wasserman (afrigter), Ayesha Moolman, Melony Kitching (afrigter), Keila Blom, Lila Bezuidenhout en Liike Bekker. Voor: Nelbi Slabbert, Minè Pretorius (onderkaptein), Milan de Villiers (kaptein) Danielle Bond en Nadia Meintjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’