OUDTSHOORN NUUS - Altesaam vyf atlete van Oudtshoorn het Sondag uitstekend gevaar by die Laser-run Eden-kampioenskappe wat by die Glenwood House Kollege in George plaasgevind het.
Laser-run is ’n kombinasie van hardloop - en laser-pistoolskiet wat bestaan uit drie of vier rondes, afhangend van die atleet se ouderdom.
Die afstand waarvan geskiet word en die afstand wat gehardloop word hang dus af van die ouderdom van die atleet. Dit wissel van 5 m tot 10 m by die skiet, en die hardloop bestaan uit afstande van 400 m tot 800 m per ronde.
Sowat 37 atlete van alle ouderdomme het ingeskryf vir dié wedloop. Die Wes-Kaapse kampioenskappe vind eerskomende Sondag by Glenwood House Kollege plaas met die Eden MPA-klub wat die gasheer sal wees.
Oudtshoorniete wat medaljes ingepalm het by die Laser-run Eden-kampioenskappe is van links: Leslie Abrahams, Bart Saaiman, Greens Groenewald, Linelle Groenewald en Zanel Hugo. Foto: Verskaf
So het die Oudtshoorn-atlete gevaar:
- Bart Saaiman - mans 50 en ouer (goud)
- Leslie Abrahams - mans 60 en ouer (silwer)
- Greens Groenewald- mans 40 en ouer (goud)
- Linelle Groenewald - senior dames (silwer)
- Zanel Hugo - dogters o.19 (goue medalje).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'