OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool beoog om 4 Mei hul jaarlikse bingodag by die Griessel-saal te hou wat op die skool se perseel geleë is. Verrigtinge begin vanaf 09:00 tot 15:00.
Volgens die organiseerders is daar hope pryse op die spel wat vleis, kruideniersware, toiletware, skoonmaakmiddels, koek, beskuit, koekies, beddegoed en sweis- en houtwerkprodukte insluit.
Die wins gaan alles vir die leerders van die skool. Die skool het ook 'n beroep gedoen op borge wat dalk die geringste items wil skenk ten bate van hul bingodag.
Belangstellendes kan die skool by 044 272 6054 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’