OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het Donderdagaand in samewerking met die Groter Oudtshoorn-sportraad sy jaarlikse sporttoekenningsaand by die banketsaal gehou.
Vanjaar was die 27ste keer dat hierdie sporttoekenningsaand plaasvind het nadat dit vir die eerste keer in 1992 aangebied is. Sowat 400 gaste en genomineerde sportlui het dié glansgeleentheid bygewoon.
Die burgemeester, Colan Sylvester, het in sy toespraak die ontslape president, Nelson Mandela, aangehaal en gesê dat sport se waarde in die samelewing nie onderskat moet word nie. "Sport het die mag om die wêreld te verander, die mag om mense te inspireer, en ook die mag om mense die verenig; Sport kommunikeer met die jeug in 'n taal wat hulle verstaan."
Sylvester het ook vir Dirk van der Westhuizen vereer vir sy bydrae. Van der Westhuizen neem reeds vir die afgelope 26 jaar waar as programdirekteur van die jaarlikse Groter Oudtshoorn-sporttoekenningsaand.
Hylton Adonis, gasspreker van die aand, het gesê dat almal die wêreld vanuit 'n unieke perspektief sien, en dat keuses in die lewe bepaal of jy suksesvol gaan wees of nie.
Laerskool van Reede-trompoppiespan is as die Laerskolespan van die Jaar aangewys.
Hy het ook beklemtoon dat atlete vas in hul talent moet glo, en nie moet toelaat laat hulle andersins vertel word nie.
Altesaam 47 sportmanne en -vroue, sportklubs, skole en administrateurs is vanjaar in 16 kategorieë benoem.
Clarodene Hendrick (Sportvrou met gestremdheid), en Marcellis Theyse (raadslid).
Sportsterre wat toekennings ontvang het:
- JD Glinister (senior sportman)
- Yolande de Villiers (senior sportvrou)
- Gerrit Hendricks (sportman met gestremdheid)
- Clarodene Hendricks (sportvrou met gestremdheid)
- Gustaaf Lund (junior sportman)
- Jaquine Strydom (junior sportvrou)
- Grebe's Kickboxing klub (senior sportspan)
- Ranger Grebe (senior afrigter)
- Van Reede trompoppies (Laerskolespan)
- Ronald Presler (Laerskole afrigter)
- Jada Coetzee (Laerskole sportvrou)
- Kobus Geyser (Laerskole sportman)
- Hoërskool Oudtshoorn trompoppies (Hoërskoolspan)
- Lynique Blaauw (Hoërskool sportvrou)
- Benino Hans ( Hoërskool sportman)
Benino Hans (Hoërskool Sportman van die Jaar), en Julia le Roux (speaker).
Spesiale toekennings
- Dirk van der Westhuizen (26 jaar diens as programdirekteur van die Groter Oudtshoorn-sporttoekenningsaand)
- Louis Lategan (postuum - fietsry ambassadeur ererol-toekenning)
- Mike Lombard (fietsry legende ere-toekenning)
- Sergio Arries (Burgemeestersgholfdag eerste plek)
- Gabriel Malgas (Burgemeestersgholfdag tweede plek)
- Josh Malgas (Burgemeestersgholfdag derde plek).
Van links is JD Glinister (Sportman van die Jaar), Colan Sylvester (burgemeester) en Yolande de Villiers (Sportvrou van die Jaar). Foto's Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'