OUDTSHOORN NUUS - Die bekende atleet, John April en fietsryer Charlissa Schultz, het vanoggend net na 07:00 op die Mosselbaai-pad naby Safari-volstruisplaas weggespring om hul eie Comrades Marathon aan te durf.
Weens die inperking, is Comrades tot verdere kennisgewing afgestel.
Een van April se vriende, Bianca LA Grange (self n kranige atleet), het besluit om dié plaaslike marathon te reël.
April het as Oudtshoorn se voorste atleet tydens die laaste Comrades Marathon geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'