OUDTSHOORN NUUS - Die 300ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed is Saterdag met kolwyntjies vir elke deelnemer gevier met die skolier William van Tonder wat vir die soveelste keer die vinnigste deelnemer was met sy tyd van 20 minute 9 sekondes.
Heinrich Boje wat Saterdag sy 100ste parkrun voltooi het, was tweede gevolg deur nog twee juniors, Zack Botha en die 12-jarige Callan du Plessis.
Die eerste Oudtshoorn-parkrun is volgens Francois le Roux op 18 April 2015 by Surval aangebied met net die roete wat later gewysig is. Hy het namens die organiseerders die eienaars van Surval bedank vir die beskikbaarstelling van hul geriewe.
Saterdag se tien voorste drawwers was:
- William van Tonder (20:09)
- Heinrich Boje (22:15)
- Zack Botha (23:33)
- Callan du Plessis (23:52)
- Johann Botha (23:59)
- Johann Coetzer (24:03)
- David Mckinnon (26:08)
- Marinda Botha (28:15)
- Albertus Kennedy (29:26)
- Anel van Rooy (33:23)
Oudtshoorn-parkrun word elke Saterdagoggend aangebied met die wegspringtyd tot einde September om 08:00 en daarna om 07:00. Almal is welkom en deelname is gratis.
William van Tonder was vir die soveelste keer die vinnigste deelnemer. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'