OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Oudtshoorn-De Zeekoe-perdeuithourit is die afgelope naweek net buite Oudtshoorn gehou.
Volgens Bianca Venter, sekretaresse van die Garden Route Equestrian Club, is die uithourit oor twee dae gehou en 31 ruiters het Vrydag aan die 80 km en 40 km deelgeneem en 52 ruiters het Saterdag die 40 km, 80 km en 120 km aangepak. Die ruiters en hul perde het by die Kansa-veilingskrale weggespring en oor De Zeekoe se gronde gery. Venter het 'n nuwe WP-rekord opgestel in die 120 km-afdeling met 'n wentyd van 5:26:58.
Ongeveer 25 ruiters van Oudtshoorn het aan die uithourit deelgeneem. Drie van hulle het in die eerste drie plekke van hul onderskeie kategorieë geëindig.
Nico-Meyer le Roux wat met BK Habanero gery het, was eerste in die 80 km-liggewigafdeling met 'n tyd van 3:30:32. Almarie Nel was op Om-Saru Indigo en was tweede in die 120 km jong ruiter-afdeling met 'n tyd van 7:08:03 en Natasja Lareman het met Daybreak Ihab derde in die 80 km-liggewigafdeling met 'n tyd van 3:50:24 geëindig.
Bianca Venter op pad om 'n nuwe WP-rekord oor 120km op te stel.
Natasja Lareman en Daybreak Ihab.
Almarie Nel op Om-Saru Indigo.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'