OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-rolbalklub se mans Premierligaspan het 'n tweede plek in die Eden-rolballigakompetisie behaal.
Premierligaspanne word opgemaak uit 'n klub se beste spelers.
Vir Oudtshoorn het Johnny de Kock, Marthinus Geldenhuys, Rudi Venter, Hennie van Greunen en Johan Fernhout in die Premierligaspan gespeel.
Volgens Alewyn Hanekom, woordvoerder vir die rolbalklub, het elke klub in die Eden-distrik tien spanne vir die liga ingeskryf. Die kompetisie is deur George gewen. Outeniqua was derde.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'