OUDTSHOORN NUUS - Annette Keulder en Johan Fernhout is onlangs as die Oudtshoorn-rolbalklub se jaarlikse veteranekampioene in die vroue- en mans-afdelings aangewys vir lede bo die ouderdom van 60 jaar.
Oudtshoorn-rolbalklub het ook die onlangse Eden Novice-rolbaltoernooi in George gedomineer met Skwik Luyt wat in die vroue-enkels geseëvier het.
Johan Saayman was in die tweede plek in die mansenkels met Frikkie Vermeulen wat in die derde plek was.
Annette Keulder.
Van links is Frikkie Vermeulen, Johan Saayman en Skwik Luyt. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'