OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Enver Buys jeugrolbaltoernooi is die afgelope naweek by die Oudtshoorn-rolbalklub aangebied.
Die toernooi word die afgelope ses jaar deur Wes-Kaap Rolbal aangebied en word elke jaar in 'n verskillende streek van die provinsie gehou. Volgens Theuns Coetzee, president van Wes-Kaap Rolbal, was daar 136 spelers in 34 spanne.
Spelers het in die twee ouderdomsgroepe o.15 en o.20 meegeding en die jongste spelers was nege jaar oud.
Die seuns sowel as die dogters o.15-spanne van Eden het onderskeidelik silwer- en bronsmedaljes verower.
Die streke wat deelgeneem het, was Eden, Sentraal Karoo, Weskus, Westelike Provinsie, Wynland en Overberg.
Jean de Kock van Oudtshoorn wys sy slag.
Foto: Ebenezer Titus
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'