Die span se fokus tydens die byeenkoms was om aan hul spanwerk te skaaf en getrou hieraan het Corné homself vodde getrap ter wille van die span.
Danzil het `n eerste plek behaal in die o.23 kategorie asook `n algeheel tweede plek met Marshall Hendricks die tweede junior en Rico Bence algeheel dertiende. Vier van die spanlede het ook vir John Lee, `n ryer wat aal aan die Tour de France deelgeneem het, op die algehele puntestand oorskadu.
Die ryers neem hierdie naweek aan die SWD-kampioenskappe deel wat Saterdag om 7:00 by die Volmoed-kafee wegspring. Sondag om 8:00 vind die tydtoets vanaf die Kango-grotte plaas. Heelwat ryers word verwag aangesien hierdie roetes ook tydens die SA kampioenskappe wat in April plaasvind gery sal word.
Oudtshoorn-fietsryers, Danzil Afrika, Corné en Rico Bence met Marshall Hendricks (afwesig) is lede van die topklub Cycle 4 Diabetes. Foto: Jacques Swart