OUDTSHOORN NUUS - Twee broers van Oudtshoorn, Henties de Villiers en Hendricus Botha, is die afgelope naweek tydens die nasionale ovaalbaankampioenskappe in Gqeberha as onderskeidelik die beste en derde beste renjaers van die land in die 2.1-klas aangewys.
Die kampioenskappe het Vrydagaand met twee uitdunne weggespring waarna nog 'n uitdun en die finale, die Saterdagaand plaasgevind het.
Beide aande se tellings is toe bymekaargetel met De Villiers wat toe algeheel die meeste punte in die 2.1-klas behaal het en dus nou Suid-Afrika se nuwe kampioen in sy klas is. Botha was derde algeheel.
Die sportbloed en wen-mentaliteit bruis behoorlik deur hierdie familie se are as 'n mens in ag neem dat Henties se vrou, Yolande de Villiers, ook onlangs as Suid-Afrika se bergfietsmarathonkampioen gekroon is.
De Villiers het Yolande uitgesonder as sy staatmaker en ook sy kinders, borge en spanne vir hul bystand bedank.
Henties, en sy vrou, Yolande, wat ook onlangs as Suid-Afrika se beste bergfietsryer gekroon is.
"Sonder hulle sou hierdie nie moontlik gewees het nie. Hierdie wen is baie spesiaal vir my en ek dra dit op aan my ontslape ouers," het hy gesê.
Botha het sy broer se sentimente gedeel en bygevoeg dat hy almal se opofferinge opreg waardeer.
So het De Villiers en Botha met die Vrydagaand se twee uitdunne gevaar:
- Henties – 2.1 klas.
- Uitdun 1 – 4de plek.
- Uitdun 2 – 1ste plek.
- Hendricus – 2.1 klas.
- Uitdun 1 – 7de plek.
- Uitdun 2 – 3de plek.
Saterdag het se een uitdun en finaal.
- Henties – 2.1 klas.
- Uitdun 3 – 2de plek.
- Finale – 1ste plek.
- Hendricus – 2.1 klas.
- Uitdun 3 – 4de plek.
- Finale – 5de plek.
Hendricus Botha was algeheel derde. Foto's: Rage Productions
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'