OUDTSHOORN NUUSFLITS - Ren motors gaan Saterdag weer stof maak en brul op die Oudtshoorn-ovaalbaan.
Plaaslike renjaers van Oudtshoorn en George gaan mekaar die stryd aansê in die JLM-somerkampioenskappe.
Terwyl agt van die renjaers verlede naweek aan die nasionale kampioenskappe in Kimberley deelgeneem het, het meeste van die manne sedert Julie 'n blaaskans gevat en hulle motors voorberei vir Saterdag se wedrenne.
In die 1660 klas het Andre Nel, Juan van Rensburg en Andre Fouche ingeskryf .
Die drie jaers sal mekaar behoorlik opkeil vir die eerste plek.
Die voorsitter van die Oudtshoorn-ovaalbaanrenklub, Dirk van der Westhuizen, het dinsdag gesê: "Robbie Matthee en Sarel van den Heever het hard gewerk om hulle motors meer betroubaar te maak en kan vir 'n verassing sorg.
"Tien renjaers het reeds in die ontwikkelingsklas ingeskryf. Die tweestryd tussen Herman Hanekom en Werner Heunis sal vir vuurwerkr sorg.
Die manne van George, Corneill Bosman, Johan en Neil Engelbrech en Chucky Verwey, gaan beslis hulle bes probeer om Hanekom en Heunis se dominansie in dié klas te breek."
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'