Dr. Du Toit, wat self `n passievolle sportman is, en ook spesialiseer in die behandeling van sportbeserings, het die skool se leerders tydens Maandagoggend se saalopening vertel van die gevare wat voedingsaanvullings mag inhou. "Alle beskikbare navorsing oor voedingsaanvullings is op volwassenes gedoen en daar is dus geen manier om te weet watter effek `n hoe proteïen inname op groeiende kinders het nie," het dr. Du Toit vertel.
"Omdat skolesport leerders deesdae onder soveel druk plaas, dink die leerders dat hulle aanvullings kan gebruik wat hulle sal help om te groei, sterker te word en meer kompeterend sal wees. Daar is egter geen wetgewing of beheer wat oor die industrie uitgeoefen word nie en die kliënt kan ook nooit seker wees dat die produk dit bevat wat op die etiket aangedui word nie." Volgens dr. Du Toit bevat aanvullings dikwels `n hoe kafeïen-inhoud, baie sout en is dit dikwels onsuiwer.
Die boekie, wat deur Elana Marais, `n dieetkundige opgestel is, bevat voedingsriglyne vir kinders wat aan sport deelneem en is deel van Struisies se lang- en korttermynbeplanning om sportontwikkeling in die skool toe te pas. Daar is reeds verlede jaar by die skool begin met beplanning vir sportontwikkeling en Maandagoggend se bekendstelling is een van die doelwitte wat daar gestel is.
Mnr Johan Classen, hoof van Hoërskool Oudtshoorn, Mihan Fourie (rugykaptein), Jason Carlisle (hokkie), Susan King (hokkie), Janetjé Jordaan (netbal) en dr. Jannie du Toit by die skool se sportkapteins tydens Maandagoggend se saalopening. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'