Die duo het Saterdag hul titel suksesvol verdedig en dit ordentlik gevier met `n oorwinning tydens die laaste skof. Nie dat dit juis nodig was kanse te waag nie. Die skof-oorwinning was om maar net die kersie op die koek.
Hulle het ook vroeër koning gekraai in die proloog asook die eerste en tweede skofte. Evans en George kon die wenstreep oorsteek met `n finale tyd van 20:56:56.
Nico Bell en Gawie Combrinck (Westvaal-Columbia) in die tweede plek was ver agter met 21:21:41.
Die Oudtshoorniet Matthys Beukes en spanmaat Ben Swanepoel (Cango MTB.Com) was derde in 21:51:00. Kevin Evans se skrander voorkoms is misleidend. Hierdie man trap `n fiets se pedale dat die ratwerk kraak. En in die afgelope week se modder en reën sou dit `n bo-menslike poging verg om die heldedade van 2011 te herhaal.
Met hul oorwinning Saterdag tydens die sesde en laaste skof het Evans egter al die krediet aan sy spanmaat, David George gegee. "Hy het my vandag doodgery, maar dit was die moeite werd!" het Evans tydens sy televisieonderhoud vertel.
Nog `n Oudtshoorniet, Yolande de Villiers en haar spanmaat Yolande Speedy (Klein Karoo Chicks) het ook hul 2011 oorwinning herhaal in die ope vroue kategorie.
Uitslae
Gemeng: Kathrin Stirnemann en Sandro Sonchin (BH-Haibike Tigers) -24:10:26
Veterane: Robert Sim en Nico Pfitzenmaier (Robert Daniel Momsen) - 23:01:13
Meesters: Barti Bucher en Ernst Engeli (Bixs Sherpa Tensing Pedalerie) – 23:36:44
Amateur: George Nel en Franso Steyn (Klein Karoo Wild) – 24:32:00
Solo-vroue: Desiree Loubser – 29:06:47
Solo-mans: Timo Cooper – 22:24:52
Individueel (vroue): Hanlie Booyens – 27:32:11
Individueel (mans): Lawrence Koff – 30:11:56
Nico Bell en Gawie Combrinck was tweede in die ope manskategorie.
_479987298(1).jpg)
Robert Sim en Nico Pfitzenmaier was eerste in die veterane manskategorie.
Micha de Vries en Willem van Heerdt kan ontspan na hul tweede plek in die veterane manskate-gorie.
.jpg)
Timo Cooper was eerste van die solo mans.
ARTIKEL EN FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS