OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die twee Olivier-broers, Audan en Anando van die plaaslike Grebe's-skopboksklub, het albei die kwarteind-rondes behaal tydens die Wako Junior Wêreldskopbokskampioenskappe wat onlangs in Italië plaasgevind het.
Volgens hul trotse afrigter, Ranger Grebe, het dié twee stuks wêreldklaservaring opgedoen in hul eerste internasionale-skopboksbyeenkoms in die buiteland wat waardevol vir hul loopbaan na vore sal wees.
Vanjaar het altesaam 63 lande met 2 870 topklasatlete in die kampioenskappe meegeding.
Anando het in twee afdelings deelgeneem - hy beklee tans die 4de en 14de plek op die Wako-skopbokswêreldranglys. Audan beklee tans die 7de posisie op die wêreldranglys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'