OUDTSHOORN NUUS - Die Suid-Afrikaanse para-vlugbalfederasie het onlangs 'n bewusmaking en vaardigheidsontwikkeling-oefenkamp by die De Jager-sportkompleks gehou.
Sowat 20 plaaslike parapleë is touwys gemaak in basiese vlugbalvaardighede soos beweging, afslane, balrotering en ook hoe om die bal te blok.
Volgens die koördineerders, Anton Raymondo en Nathan Pretorius, was hierdie oefenkamp slegs 'n inleiding tot vlugbal sodat die Suid-Afrikaanse para-vlugbalfederasie die plaaslike vlugbalklubs in die toekoms kan help met reëlings van oefenkampe, wedstryde asook die ontwikkeling van dié sport.
"Daar is baie opwindende geleenthede wat hierdie sportsoort vir toegewyde vlugbalspelers kan bied. Op nasionale vlak hou ons reeds vir vier jaar teen mekaar meeding. Vanjaar se toernooi sal in Durban plaasvind. Enige vlugbalklub kan inskryf (gestremd of nie)."
Vir meer inligting om aan te sluit by die sportsoort kontak Susanna Spires by 076 042 4259.
Plaaslike para-vlugbalspelers luister aandagtig aan die instruksies wat die afrigter.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'