OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-veerpyltjievereniging het vanaf 4 tot 8 Julie in Johannesburg aan die Suid-Afrikaanse nasionale veerpyltjiekampioenskappe deelgeneem.
Die mans het uitstekend gevaar en goud in hul blok drie teen tien ander provinsies en verenigings se spanne behaal.
Die dames het ook teen tien ander verenigings en provinsies se spanne deelgeneem en 'n vierde plek in hul blok twee behaal.
Voor, van links is Emile Johannes, Hoffie Nel, Donnivon John, Fanie Cilliers (spanbestuurder) en Draad Dreyer. Agter is Elvin van Huyssteen en Stephan Swanepoel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'