OUDTSHOORN NUUS - Twee fietsryspanne met Oudtshoorn-fietsryers het eerste plekke tydens die afgelope naweek se 360ne bergfietswedren losgetrap.
Yolandi de Villiers en Jacques van Staden het die tweepersoonaflos in 'n tyd van 14 uur 46 minute en 58 sekondes gewen. Die Klein Karoo International-span van Willem (Serfie) Serfontein, Corné Nel, Peter Liebenberg en Philip le Grange, het die vierpersoonaflos in 'n tyd van 15 uur 13 min 21 sekondes gewen.
Die jaarlikse 360ne bergfietswedren is 'n gewilde uithourit wat fietsryers op verskillende vlakke toets en waaraan 'n groot aantal fietsryers van Oudtshoorn ook deelneem. Fietsryers kry 36 uur om die roete van 361 km af te lê.
Die wedren het Vrydagaand om sesuur by Kleinplaas weggespring en dit was ook die eindpunt van die wedren. Kobus Barnard van Oudtshoorn was in die twintigste plek
in die uitmergelende solo-wedren oor 361 km.
Uitslae van die 361 km-wedren is soos volg:
Solo-mans:
- Ramses Bekkenk (14:05:29)
- Kevin Benkenstein (14:29:39)
- Willem Pretorius (15:36:58)
Solo-dames:
- Jeannie Dryer (16:05:34)
- Janine Stewart (18:26:39)
- Christiane Brenzel (18:41:55)
Die span Klein Karoo International-span is: Philip le Grange, Pieter Liebenberg, Willem (Serfie) Serfontein en Corné Nel. Foto: Oakpics
Uitsale van die halfwedren (180 km)
Solo-mans:
- Raymond Odendaal (7:51:48)
- Pieter du Toit (7:51:50)
- Mias Schreuder (7:56:17)
Solo-dames
- Isabella du Preez (9:23:36)
- Kathryn Robinson (9:41:36)
- Smiley de Kock (10:21:22)
Besoek die webtuiste vir meer wedrenbesonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'