Update
TUINROETE NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het tydens die SA-toutrekkampioenskap op Worcester skoonskip gemaak deur in elke afdeling as wenners bekroon te word.
Vanjaar se toutrekkampioenskap is gekenmerk deur 'n rekordgetal inskrywings, waarvan die Hoër Landbou-skool Oakdale die meeste spanne ingeskryf het.
Die Oakdale-toutrekspanne het alle goue en soms silwermedaljes gewen wat daar in die hoërskole seuns-afdeling te wen was.
Dié skool se B-, C- en D-spanne het selfs verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met pragvertonings geklop. Oakdale se toutrekafrigters verdien voorwaar 'n klop op die skouer as 'n mens in ag neem dat hulle reeds vanaf September 2019 vir dié toernooi voorberei het.
Die hoogtepunt van die kompetisie was die oorwinning in die 560 kg-kompetisie.
Hierdie oorwinning in die 560 kg-afdeling beteken ook dat Oakdale weer die land as die Proteaspan gedurende September by die wêreldkampioenskap in Spanje gaan verteenwoordig (indien dié toernooi nie afgestel word as gevolg van die korona-pandemie nie).
Die uitslae is soos volg:
- 400 kg A-span – goud;
- 400 kg B-span – silwer;
- 440 kg A-span – goud;
- 480 kg A-span – goud;
- 480 kg B-span – silwer;
- 48 kg Plaatspan – goud;
- 520 kg A-span – goud;
- 600 kg A-span – goud;
- 600 kg B-span – brons;
- 560 kg A-span – goud;
- 560 kg B-span – silver
Oakdale se 560 kg-span in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'