TUINROETE NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het onlangs tydens die SA- toutrekkampioenskap op Worcester skoonskip gemaak deur in elke afdeling as wenners bekroon te word.
Vanjaar se toutrekkampioenskap is gekenmerk deur rekordgetal inskrywings, waarvan die Hoër Landbouskool Oakdale die meeste spanne ingeskryf het.
Die Oakdale-toutrekspanne het alle goue en soms silwermedaljes gewen wat daar in die hoërskole seuns-afdeling te wen was.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'