SPORTNUUS - Die amptelike opening van die nuwe tartanbaan by die De Jager-sportkompleks is verlede Vrydag met die jaarlikse atletiekdag van die Klein-Karoo Ouer persone-forum gevier.
Die bejaardes, waarvan die oudste wat deelgeneem het die 85-jarige Johanna Adams was, het aan verskeie atletiekitems deelgeneem.
Burgemeester Chris Macpherson het gesê dat dit 'n gepaste manier is om die baan te open omdat die dorp se ouer persone dié mense was wat die baan eerste gebruik het, nog voor tartan daar was.
Na Macpherson en Adams die lint geknip het, het die groep om die baan gestap voor hulle amptelik met die spele begin het.
Burgemeester Chris Macpherson en Johanna Adams knip die lint.
Foto's: Liezl van Niekerk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’