Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Berluda-uithouritte het 'n nuwe 80 km-rekord opgelewer, toe Mieke Burger die afstand in 3 uur 28 minute afgelê het.
Die uithouritte het Vrydag 15 en Saterdag 16 September by Berluda Farmhouse and Cottages plaasgevind.
Meer as 90 ruiters het aan die uithouritte van 80 km en 12 km deelgeneem.
Volgens Lizél de Waal, een van die organiseerders, is die Oudtshoorn Berluda-uithouritte die grootste klubrit in Suid-Afrika.
Dit is vanjaar vir die vierde keer aangebied, waarvan die laaste twee by Berluda plaasgevind het.
Die kategoriewenners is:
80 km
Liggewig: Mieke Burger (sy wen R10 000)
Standaardgewig: Bianca Venter
Swaargewig: Lian Erasmus
Kinderruiter: Miskha Bridger
120 km
Deon Steyn
Berluda Farmhouse and Cottages en die organiseerders van die uithouritte het weer uitgereik na die gemeenskap en inwoners van Gotlandhuis en Bellinghanhof, asook leerders van die Oudtshoorn Vaardigheidskool en Huis Triomf uitgenooi na die fees van uithouritte.
Ruiters maak gereed om weg te spring. Foto's: Gordon Date - White Lens Photography
Hulle is onder begeleiding van ervare ruiters en perde hanteerders die geleentheid gegun om op die perde te klim, ry, of net aan hulle te vat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'