Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Met groot opgewondenheid is Laerskool Wesbank se mini-astrobaan Maandag (14 Augustus) amptelik geopen.
"Die behoefte van 'n astro-oppervlak het ontstaan as gevolg van die feit dat die provinsiale toernooie en proewe op astro plaasvind," het die skoolhoof, Waldo Cloete, gesê.
"Ons wil graag vir ons leerders die nodige blootstelling gee op die oppervlakte sodat hulle goed voorbereid is vir soortgelyke toernooie en om hul vaardighede te verbeter.
"Verskeie ander skole het ook reeds navraag gedoen oor die moontlike gebruik van hierdie fasiliteit. Ons as skool is werklik trots op ons astrobaan en glo dat dit ons hokkie tot 'n selfs hoër vlak sal verhef."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'