OUDTSHOORN NUUS - Tien spanne wat by die Oudtshoorn-netbalunie geregistreer is, sal op 13 en 14 Julie en 20 en 21 Julie aan 'n netbaltoernooi by die Bridgton-sportterrein deelneem.
Volgens Esmerelda Hardnick, voorsitter van die netbalunie, sal daar drie groepe in die eindstryd en halfeindstryd op 21 Julie deelneem.
Sy verduidelik dat die groepe volgens ouderdom ingedeel word. Die C-groep is die o. 9 tot o. 12's. Die B-groep is die o. 13 tot o. 16's en die A-groep is o. 17 en ouer.
Vir meer inligting oor die toernooi kan Hardnick by 083 338 4221 of Zelda September, ondervoorsitter by 064 263 4570 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’