OUDTSHOORN SPORTNUUS - Nege lede van Grebe-skopboksklub is opgeneem in die SAKA nasionale span wat onlangs in die Afrika kontinentale kampioenskappe meegeding het.
Dié toernooi vind elke tweede jaar plaas met Gauteng wat vanjaar die gasheer was. Altesaam 12 lande vanuit Afrika het deelgeneem.
Sewe lede van die klub is as Afrika-kampioene gekroon. Simon Greeff het twee van sy afdelings gewen en is dus 'n dubbele Afrika-titelwenner.
Altesaam het die klub agt goue en sewe silwermedaljes verower.
Boonop gaan Audan Olivier en Anando Olivier op 26 September 2022 aan die Junior WAKO-wêreld-kampioenskappe deel neem wat vanjaar in Italië gehou word, 'n besondere prestasie vir een klub.
So het Grebe-skopboksklub gevaar:
- Dirk Harold Mostert - silwer
- Simon Greeff - dubbel goud
- Audan Olivier - goud
- Anando Olivier - goud en silwer
- Divan Rademeyer- goud
- Wian Grebe - goud en silwer
- Ben Greeff - silwer
- Chanique Bruce - goud en silwer
- Ranger Grebe - goud en silwer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'