OUDTSHOORN NUUS - Twintig atlete van Grebe's-skopboksklub het Oudtshoorn se naam hoog gehou tydens die onlangse nasionale SAKA SA skopbokskampioenskappe wat op tuisbodem aangebied is.
Die kampioenskappe, wat as een van die grootste skopboksbyeenkomste in Suid-Afrika beskou word, het meer as 400 inskrywings van al nege provinsies gelok.
Ranger Grebe van Grebe's-skopboksklub noem dat die klub se 20 deelnemers uitstekende vertonings gelewer het, en gewys het dat Oudtshoorn oor 'n sterk poel jong skopbokstalent beskik. Hul deelname en prestasies het nie net die klub nie, maar ook die hele dorp trots gemaak.
"Benewens hul deelname in die kryt, het Grebe's-skopboksklub ook 'n sleutelrol gespeel in die aanbieding van die kampioenskappe. Met deeglike beplanning, harde werk en die samewerking van die plaaslike gemeenskap is die nasionale byeenkoms op professionele wyse aangebied."
Volgens hom is betrokkenes die sukses van die kampioenskappe 'n bewys van wat bereik kan word wanneer sportklubs en die gemeenskap hande vat.
Grebe's-skopboksklub het hul waardering uitgespreek teenoor elke inwoner, borg en ondersteuner wat bygedra het
"Hierdie prestasie bevestig nie net die groei van skopboks in Oudtshoorn nie, maar vestig die dorp ook as 'n waardige gasheer vir sportbyeenkomste van nasionale formaat."
Uitslae
Xander van Jaarsveldt (2 silwer)
Lukas van Rooyen (silwer)
Stian Jonker (2 brons)
Logan van Jaarsveldt (2 silwer)
Jaco van der Merwe (dubbele SA kampioen)
Lize-Mari Mostert (silwer)
Tristan Beets (dubbele SA kampioen)
Liam de Wit (2 silwer)
Divan van Deventer (1 silwer)
Dirk-Harold Mostert (SA kampioen)
Heath Claassen (brons)
Anando Olivier (silwer en brons)
Audan Olivier (2 silwer)
Wian Grebe (dubbele SA kampioen)
Megan Grebe (SA kampioen)
Chaunique Bruce (vier keer SA kampioen)
Joshua Norris (SA kampioen)
Junior Champ of Champs
Dirk-Harold Mostert (goud)
Span Gevegte
Josh Norris (goud)
Megan Grebe en Chaunique Bruce (goud)
Stian Jonker, Reon Lombard en Logan van Jaarsveldt (brons)
Anando Olivier (brons)
Dirk-Harold Mostert en Divan van Deventer (brons).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’