OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-sportfees begin môre, Vrydag 15 Junie. Oor 'n tydperk van een maand, 15 Junie tot 14 Julie, sal bykans 6 000 deelnemers in 13 sportkodes meeding.
Die sportfees skop môre af met 'n tweedag o.13, o.16 en o.18 Suidelike provinsies rugbytoernooi.
Dit is die negende keer dat die sportfees in Oudtshoorn aangebied word.
Twee SA kampioenskappe, fietsry en trompoppies, sal deel uitmaak van die fees. Ovaalbaanrenne sal vir die eerste keer deel wees van die fees.
Tydens die sportfees se bekendstellingsfunksie, het die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, gesê: "Oudtshoorn is besig om naam te maak as die dorp waar dinge in plek val."
Sylvester het Oudtshoorn se sportadministrateurs geloof en gesê: "Julle is besig om van Oudtshoorn 'n sportdorp te maak."
Die fees word deur die Wes-Kaapse department sport en kultuur, die Oudtshoorn-munisipaliteit en die Eden-sportraad aangebied.
Die department sport en kultuur het R335 000 geskenk om te help om van die fees 'n sukses te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'