DYSSELSDORP NUUS - Moonlight-sokkerklub van Dysselsdorp het die afgelope naweek hul wedstryd in die Hollywood Regional liga teen Simunye met 1 - 0 gewen. Brenwill Miggels was die doelskieter vir Moonlight.
In Moonlight se vorige wedstryd het hy gelykop teen Black Cats gespeel wat ook tans die voorloper in die liga is. In hierdie wedstryd was dit Barenito Lewis wat die agterkant van die net gevind het met twee doelskoppe.
volgens die afrigter van die span, Graeme Botha, beteken die afgelope naweek se wenuitslag baie vir sy span se moraal en het dit ook as motivering gedien vir die komende Paasnaweek-sokkertoernooi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’