Hy het Vrydagaand tydens die Oudtshoorn-fietsryklub en SWD-fietsry se toekenningfunksie gesê dat die wyse waarop fietsry in Oudtshoorn bestuur word en die sukses wat behaal word met die opleiding van jong fietsryers vir hom bewys dat die dorp 'n fietsrybaan verdien.
"As daar nie geld is nie, moet geld gevind word, maar in Oudts-hoorn moet 'n fietsrenbaan van hoogstaande kwaliteit en internasionale standaard opgerig word. Hy het die bestuur van SWD geloof vir die wyse waarop hulle fietsry gebruik om grense van ras, geslag en kultuur oor te steek. Hy het die jong mense wat aan fietsry deelneem aangespoor om daarmee vol te hou.
"Ons in die Wes-Kaap is besig met 'n fietsrewolusie en daarom het ons onlangs, saam met premier, Helen Zille, 'n fietstoer van Plettenbergbaai tot in die Kaap onderneem want ons is besig om 'n kultuur van gesondheid te kweek.
Die minister het verskeie toekennings aan fiets-ryers oorhandig en het op sy beurt 'n geraamde foto-collage ontvang waarop foto's van sy besoeke en fietsritte in Oudtshoorn uitgebeeld is. Hy het ook 'n splinternuwe bergfiets ontvang as erkenning vir sy passie vir fietsry.
Hy is Saterdagoggend saam met lede van SWD-fietsry na Plettenbergbaai waar hy saam met 'n groepie kinders as deel van 'n kultuurdag sou fietsry.
Die president van SWD-fietsry, Corné Bence, het Vrydagaand gesê dat SWD tans die land se voorloper is met die ontwikkeling van jong ryers.
Tydens die toekenningsaand is die volgende toekennings onder andere gemaak:
Oudtshoorn-fietsryklub:
Vicky Scheepers - senior sportvrou van die jaar
Jessica Gerber - junior sportvrou van die jaar
Willem Serfontein - senior sportman van die jaar
Marshall Hendricks - junior sportman van die jaar
Louis Visser (jr.) - veelsydigste sportman van die jaar
Leon Claasen - nuweling van die jaar
Kerrighan Aries - beste laerskole fietsryer
SWD-toekennings:
Shirley Schmidt - senior sportvrou van die jaar
Makayla Olivier - junior sportvrou van die jaar
Rico Bence - senior sportman van die jaar
Kerrighan Aries - junior sportman van die jaar
Corne Bence en Rico Bence, Marshall Hendricks, Jason Campbell, Daniel Hodgson en Keeran Aries - beste junior span.
Van die gaste by Vrydagaand se funksie was gesoute fietsryers Jaco von Mollendorf (sittend) met Willem (Serfie) Serfontein langs hom en Louis Visser in die agtergrond. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'