OUDTSHOORN SPORT NUUS - Drie lede van die Jikkai-do karateklub in Oudtshoorn het die afgelope naweek bronsmedaljes by die Statebond Karate Spele in Durban verower.
Leythan Smith (brons en Protea-kleure), Sue-Alice Gysman (brons), Shane May (brons), Daetania de Laan en Sarah-Jane Lewis het ook Suid-Afrikaanse Karate-kleure verwerf.
Volgens hul afrigter, Avril Maarman, is sy sommer baie trots op haar karatekas se prestasies.
"Vanjaar was die eerste keer in die klub se bestaan dat ons lede meegeding het in dié toernooi. Die feit dat ons met die intrapslag dadelik medaljes kon wen, spreek boekdele van dié karatekas se toewyding en talent," het sy gesê.
Die volgende Statebond Karate Spele vind plaas in Engeland in 2020.
"Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus."