Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - SWD se Matthys Beukes (George) het die strawwe Momentum Health Attakwas Extreme Saterdag in 4:56:56 gewen.
Meer as 1 400 bergfietsryers, van so ver as België het die 121 km-ren tussen Chandelier Wildsplaas (Oudtshoorn) en Pine Creek (Groot-Brakrivier) aangepak.
Oudtshoorn se Yolandé de Villiers was algeheel 33ste en in 'n tyd van 6:01:32 die vierde vrou oor die eindstreep.
Sabina Spitz het in 'n honderdste van 'n sekond die derde plek van De Villiers ontneem.
Eerste vyf mans
1. Matthys Beukes (4:56:56)
2. Tim Bohme (5:06:02 / +09:06)
3. Philip Buys (5:12:13 / +15:17)
4. Frans Claes (5:18:38 / +21:41)
5. Dylan Rebello (5:20:23 / +23:27)
Eerste vyf vrouens
1. Ariane Lüthi (5:45:11)
2. Jennie Stenerhag (5:57:11 / +12:00)
3. Sabine Spitz (6:01:31 / +16:20)
4. Yolande de Villiers (6:01:32 / +16:20)
5. Candice Lill (6:06:05 / +21:51)
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n verwante artikel: Beukes & Lüthi kick-off with extreme victories
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'