SUID-KAAP SPORTNUUS - Francois Maquassa van die Nedbank-atletiekklub in George was Saterdag die wenner van die Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Hy het die wedloop oorheers met 'n blitsige tyd van 18 minute 15 sekondes.
Die 17-jarige Hanru Storm (19:58) was tweede met Yaron Venter (20:14) in die derde plek.
Tarren Jullies was die eerste vrou met 'n tyd van 24 min 14 sek gevolg deur Bianca van der Westhuizen (26:12) wat in die tweede plek geëindig het.
Altesaam 134 deelnemers het die 195 ste Oudtshoorn-parkrun voltooi.
Die tye van Saterdag se voorste hardlopers is soos volg:
Francois Maquassa (18:15); Hanru Storm (19:58); Yaron Venter (20:14); Migail Meyer (20:24); Greens Groenewald (23:02); Morné Pienaar (23:52); Jacques Dyason (24:10); Francois le Roux (24:14); Henry Carstens (24:23); Deon van der Walt (24:34); Johann Coetzer (24:36); Tarren Jullies (24:48); Hans Lareman (24:55); Conrad Jullies (25:41); Matthys Myburgh (25:44); Hannes Meyer (26:04); Bianca van der Westhuizen (26:12); Bobby Liebenberg (26:51); Marius Viljoen (27:09); Quintus Viljoen (27:09).
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'