OUDTSHOORN NUUSFLITS - Louis Visser is terug in Oudtshoorn na 'n strawwe drie maande se fietsry in Europa.
Visser, een van Eden se bekendste en mees suksesvolle padfietsryers, is in die begin van die jaar gekies as een van ses Afrika-ryers om vir Dimension Data Continental se Qhubeka-voedingspan in Lucca, Italië, te vestig om aan fietsrenne in Europa deel te neem.
Sondag 1 Oktober het Visser by die wegspringpunt van die 104 km Timbercity Cycle Tour op Oudtshoorn aangetree en dié fietsren gemaklik gewen.
Na afloop van die fietsren het hy aan die Oudtshoorn Courant gesê: "Ek was van April tot Junie in Italië. Weens omstandighede buite my en my span se beheer, kon ek nie weer terugkeer Italië toe nie. Ek het egter voortgegaan met my oefenprogram."
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'