Hy het Saterdag aan die Seweweekspoort-bergfietsren deelgeneem en die tweede plek behaal nadat hy 'n hele klomp minute verloor het om sy fiets se agterwiel te herstel.
Tydens die 40 km-wedren sowat 15 km van die wenstreep af, het 'n stuk draad om die agterwiel se as gedraai en hy moes die wiel afhaal en die draad stuk vir stuk verwyder.
Ten spyte van die tyd wat hy verloor het, het hy twee van die jaers voor hom ingehaal en nie net tweede in die o.16-afdeling nie, maar ook tweede algeheel beëindig.
Hierdie wedren was ook die Wes-Kaapse bergfietsmarathon kampioenskappe en met sy tweede plek het Louis sy provinsiale kleure verwerf.
Tydens Sondag se Pennypinchers GOK-padwedren oor 57 km het Louis die eerste plek behaal nadat hy meer as helfte van die wedren alleen voor gery het.
Hy is gekies om die Wes-Kaapse o.16 skole-fietsryspan in Bloemfontein die interprovinsiale padfietskompetisie te verteenwoordig. Die kompetisie het Dinsdag begin en eindig vandag.
Na 'n spannende naelrit om die tweede plek klop Louis Visser die tawwe jaers wat hy ingehaal het met 'n kortkop.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'