KLEIN KAROO NUUS - Sowat 289 atlete (kinders en volwassenes), het Saterdagoggend aan 'n 'n prettrap-en-draf by De Zeekoegat (6 km buite Oudtshoorn) deelgeneem wat deur Little Bo-Peep Preprimêr aangebied was.
Inskrywingsfooie het tussen R15 en R100 beloop met die eerste atlete wat reeds om 06:30 weggespring het.
Deelnemers kon in die 2 km-pretloop/trap, 5km-pretloop/trap, 15 km-MTB-trap, 10 km- tydwedloop, en 18 km-tydwedloop deelneem.
Kristy Potgieter, een van die organiseerders, het die dag se aktiwiteite as 'n volslae sukses bestempel.
"Vanjaar was die eerste keer dat ons Preprimêr 'n prettrap-en-draf as deel van ons fondsinsamelings gehou het. Oud en jonk het die dag in die heerlike sonnetjie geniet en ons beoog om volgende jaar 'n soortgelyke dag te hou."
Marlyn, De Zeekoegat se meerkat-gelukbringer, saam met die jongspan.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'