OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die 319de Oudtshoorn-parkrun en eerste vir 2023 is Saterdag by Surval Olyflandgoed deur Leon Marais met 'n tyd van 22 minute 56 sekondes gewen.
Johann Coetzer, was met sy 258ste deelname in die tweede plek met Tony Abbott in die derde plek.
'n Besoeker, Ina Lagerwall, was die eerste vrou oor die eindstreep met die 12-jarige Jayden du Plessis, die eerste junior. Die veteraan, Lampies Lamprecht, het Saterdag sy 150ste parkrun voltooi.
Saterdag se voorste tien drawers is as volg:
- Leon Marais (22:56)
- Johann Coetzer (23:49)
- Tony Abbott (25:21)
- Phillip du Plessis (25:29)
- Dian Louw (25:41)
- Ronald Lagerwall (25:55)
- Ina Lagerwall (26:03)
- Johan Griffuioen (26:31)
- Glenice Lewis (27:22)
- Cobus Diepraam (27:39)
'n Besoeker, Ina Lagerwall, was die eerste vrou oor die eindstreep.
Die veteraan, Lampies Lamprecht, het Saterdag sy 150ste parkrun voltooi. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'