OUDTSHOORN NUUS - Kean en Edward Dalton, leerders van Laerskool Wesbank, het eerste plekke losgery tydens die afgelope drie Hybrid ovaalbaanbergfietsrenne.
Die renne is gehou op 15 Julie, 22 Julie en 5 Augustus.
Kean Dalton het ’n goue medalje vir sy eerste plek in die seuns o.9-afdeling, asook 'n trofee vir algehele wenner (meeste punte verower) in die seuns o.9-afdeling ontvang.
Edward Dalton het 'n goue medalje vir sy eerste plek in die seuns o.11-kategorie ontvang. Hy het ook die trofee vir algehele wenner, seuns o.11, ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'