Uit 425 deelnemers, en 86 juniors, het die twee merkwaardige vertonings gelewer.
Lara het die sesde plek behaal en Nico-Meyer die sewende plek. Met hierdie goeie vertonings het die leerders ook hul span gehelp om die junior-afdeling te wen. Lara het ook met die eer weggestap dat haar perd, Kadin, as perd van die jaar aangewys is. Lara is ook aangewys as die eersteling-ryer wat die rit die vinnigste voltooi het.
Die land se voorste ryers neem aan hierdie byeenkoms deel en spanne van KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Noord-Wes, Limpopo asook die Springbokspan was daar in aksie. Boonop het spanne van die Tjeggiese Republiek en Amerika ook hul staal kom wys.
Die strawwe rit van 201km word oor drie dae aangepak met sowat 40% van die deelnemers wat nie die eindpunt kan haal nie.
Lara le Roux
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'