OUDTSHOORN SPORTNUUS - Lazers-dominoklub het verlede Sondag na drie maande se konstante goeie spel die Oudtshoorn-dominoliga vir die vyfde keer in dié liga se nege jaar bestaan gewen.
Volgens een van die spelers is die Lazers se sukses te danke aan die jong spelers wat die klub gedurig by die spel betrek. Duduza was in die tweede plek gevolg deur Neppon wat derde geëindig het.
"Domino's is aan die uitsterf en ons het besef dat as ons nie ingryp nie, die kultuur verlore sal gaan vir die volgende generasie. Ons onmiddellike doelwit is om ook plaasspanne te betrek. Ons het reeds twee spanne in Dysselsdorp en twee spanne in Volmoed wat ons beoog om in die plaaslike liga te laat speel veral voor ons algemene jaarvergadering in Desember. Die voorstel sal wees dat ons afsonderlike ligas hou, maar by uitspeelwedstryde speel ons teen mekaar om die algehele wenner te bepaal."
Domino-liefhebbers kan uitsien na die Summer Cup in Februarie in 2023 waarna die Oudtshoorn-liga weer sal begin.
Die Duduza-dominoeklub wat die tweede plek ingepalm het, is van links: Claude Pretorius, Jeromé Pretorius, Aldrid Pretorius, Cedrick Bruintjies. Agter:Riaan Campher,Andries Hamman,Diano Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'