OUDTSHOORN NUUS - 'n Laser-run ontwikkelingskliniek word op Sondag 11 Februarie by die De Jager-sportkompleks op Oudtshoorn aangebied.
Registrasie vind om 14:00 plaas en deelname begin om 15:00.
Greens Groenewald, wat aan stuur van die ontwikkelingskliniek staan, verduidelik dat laser-run 'n sport vir die hele gesin is. "Dit sluit in laser pistool skiet na 'n elektroniese teiken, tussen twee hardloop kodes waar deelnemers of 400 m of 800 m moet aflê. Die skietafstande wissel tussen 5 en 10 m.
Deelname aan die ontwikkelingskliniek is gratis.
Vir meer inligting oor laser-run, e-pos edenmpa.chairman@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'