OUDTSHOORN NUUS - Tydens die Oktober-skoolvakansie het twee talentvolle leerders van Langenhoven Gimnasium, Abri Swanepoel en Melanie van Rensburg, aan die SA Gimkana-kompetisie in Jacobsdal deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.
By die interprovinsiale byeenkoms op 6 Oktober het albei as lede van die o. 21 Wes-Kaapse span deelgeneem.
Dié span het as algehele provinsiale wenners uit die stryd getree het.
Individueel het Abri Swanepoel besonder goed gevaar. Hy is opgeneem in die nasionale seunspan én die nasionale merietespan.
Daarby het hy 'n goue medalje in die lans-item en 'n silwermedalje in die enkel swaard-item verower. Abri het ook weer sy Proteakleure verwerf.
Melanie van Rensburg is intussen opgeneem in die nasionale federasie ontwikkelingspan en sal later aan die Gimkana-jeugspele deelneem. Sy het ook tydens die komptisie 'n silwermedalje in die junior meisies-pen en -ringe verower.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’