OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank se o.14 B-dogtershokkiespan het op Saterdag 9 September op die Oakhill-sportgronde in Knysna, die liga-byeenkoms gewen.
Twee ander Laerskool Wesbank-spanne, naamlik die o.14 B-dogters en o.14 B-seuns het tot die halfeindstryde gevorder.
Laerskool Wesbank se o.14 B dogters hokkie ligawenners is voor van links: Ciska Nortier, Lizomé Krige, Joané van der Westhuizen en Marike Steyl. Middel: Carli Stemmet, Anje Boshoff, Mariza Griessel, Lindré Brits en Inge Swart.
Agter: Emma van der Westhuysen, Jeannie du Plessis, Jancke Potgieter en Stephanie Schoeman.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'