OUDTSHOORN NUUS - Verskeie leerders van Laerskool Van Reede het die afgelope ruk uitstekend in hul onderskeie sportkodes presteer.
Skaak
Ses leerders het onlangs aan die interdistrikte-skaaktoernooi deel-geneem en Eden-kleure behaal.
Rugby
Vyf o. 13-rugbyspelers is opgeneem in die finale groep wat vanaf 17 tot
18 Mei in Worcester aan die eindstryd in die o. 13 SWD-rugbyproewe gaan deelneem. Hier sal hulle teen spanne van OP, WP en Boland meeding.
Die finale SWD Cravenweek en SWD o. 13B-span sal na afloop van hierdie toernooi gekies word.
Hierdie o. 13-rugbyspelers is gekies om aan die SWD o.13-proewe eerskomende naweek deel te neem. Voor, van links is Jaydwin Japhta, Aquila Julies en DeeJay Paulse. Agter: Reece Plaatjies en Ahmeal Gertse.
Hokkie
Drie hokkieleerders het onlangs Eden-kleure verwerf. Die span sal nou in Junie-skoolvakansie toer en aan verskillende toernooie deelneem.
Hierdie o. 13-leerders het Eden-kleure in hokkie verwerf. Hulle is van links: Athelihle Mpambani, Verashne Plaatjies en Thando Mqweto
Netbal
Twee leerders het Eden-kleure in netbal behaal.
Zoë Brown (links) en Verashne Plaatjies het Eden-kleure in netbal behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’