OUDTSHOORN NUUS - Nols Kuhn en sy span Oudtshoorn-rolbalspelers het die afgelope naweek se Karoo Beker-rolbalkampioenskappe by die Karoopark-rolbalbane in Beaufort-Wes gewen.
Nog 'n Oudtshoorn-rolbalspan, die van Senobia Koegelenberg, het 'n vyfde plek behaal. Vier spanne van Oudtshoorn het op Saterdag 2 September aan die gesogte kampioenskap gaan deelneem. Die ander twee spanne is in die uitspeelrondes uitgeskakel.
Die Karoo Beker-kampioenskappe is vanjaar vir die 67ste agtereenvolgende jaar aangebied. Agtien spanne van sover as Kaapstad en Philippolis, Vrystaat, het na Beaufort-Wes gereis om aan die kampioenskappe deel te neem.
'n Trotse Kuhn vertel dit was sy 25ste jaar wat hy aan die kampioenskap deelgeneem het. Sy medespelers was Joan Fernhout, Charlotte Fernhout en Hennie van Greunen.
Senobia Koegelenberg se spanlede was, Alwyn Koegelenberg, Alewyn Hanekom en Christa Hanekom.
Terwyl die vier Oudtshoorn-rolbalklubspanne in Beaufort-Wes kompeterend gespeel het, het ses plaaslike spanne in Oudtshoorn aan 'n vriendskaplike toernooi deelgeneem.
Senobia Koegelenberg (tweede van regs) se Oudtshoorn-rolbalspan het 'n algheel vyfde plek by die Karoo Beker-rolbalkampioenskappe behaal. Van links is Jan Stadler (Karoopark-rolbalklub se persident), Alewyn Hanekom, Christa Hanekom, Senobia en Alwyn Koegelenberg. Foto verskaf
Blackie Swart was een van die Oudtshoorn-rolbalklublede wat plaaslik aan 'n vriendskaplike interklubtoernooi deelgeneem het. Foto: Christo Vermaak
Lees 'n vorige artikel: Rolbalspan in die kol op Karoopark
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'