OUDTSHOORN NUUS - Leerders wat belangstel in binnenshuise hokkie (Indoor Hockey) word uitgenooi om vandag, Vrydag (12 Julie), aan te sluit by die eerste aanbieding van dié sport in Oudtshoorn.
PSi Oudtshoorn Elephants, 'n affiliaat van PSi Knysna Elephants wil leerders aanmoedig om deel te word van die span.
Volgens Charnè Dalton, hoofafrigter, gaan dit elke Vrydag aangebied word.
"Dit is 'n vinnige, intense sport waar jy vinnige besluite moet neem en op jou voete kan dink. Dit is 'n sport wat brein- en sportvaardighede slyp."
Volgens haar hoop hulle om spanne te kan saamstel wat later vanjaar aan die Indoor Hockey South Nationals gaan deelneem. Hoofafrigter van die SA Vroue Binnenshuise Hokkiespan, AJ Spieringshoek, gaan ook teenwoordig wees om spelers meer van dié sportkode te vertel.
Om te registreer besoek https://shorturl.at/QCdZn
Die program is as volg:
15:00 tot 16:00 - o. 13 en o. 14 seuns en dogters
16:00 tot 17:00 - o. 16 seuns en meisies
17:00 tot 18:00 - o. 18 seuns en meisies
Vir meer inligting kontak asseblief franchisebestuurder Hélène Reyneke en de Wilton Lombard by knysnaelephants@gmail.com of Oudtshoornelephants@gmail.com of besoek https://princesshockey.co.za/
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’